Jaarboeke

Navorsing 261


 
Modulekode RES 261
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud Metodes vir kritiese denke en navorsing Die module fokus op verskillende basiese metodes van ondersoek in die menswetenskappe. Die doel van die module is om studente onder andere toe te rus met vaardighede wat nodig is vir: • seleksie en toepassing van sentrale prosedures en tegnieke; • identifisering en oplos van goed gestruktureerde probleme deur die gebruik van relevante ondersoekmetodes; • kritiese analise en sintese van inligting en die doeltreffende aanbied van sodanige inligting; en • koherente en geloofwaardige kommunikasie van inligting deur die toepaslike gebruik van relevante akademiese konvensies en formate Studente sal ook 'n bewustheid ontwikkel vir eties verantwoordbare navorsing deur middel van verskillende benaderings.
Modulekrediete 10.00
Diensmodules Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Voorvereistes RES 151
Kontaktyd 2 lesings per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Departement Sielkunde
Aanbiedingstydperk Kwartaal 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences